{"product_id":"flenterkind-9798364068286","title":"Flenterkind","description":"\u003cp\u003e • Author(s): Schönrad Stander\u003cbr\u003e • Publisher: Independently Published\u003cbr\u003e • Publisher Imprint: Independently Published\u003cbr\u003e • BISAC: General\u003c\/p\u003e\u003cp\u003e'n Moetlees vir enige tiener - (en hulle ouers) \u003c\/p\u003e\u003cp\u003e\u003c\/p\u003eFlenterkind is die verhaal van die tiener, Janey Lee Roux wat die prototipe is van baie van hedendaagse jongmense. Haar ouers is geskei; haar pa het 'n nuwe liefde, haar ma is meestal op 'n planeet van haar eie en haar jonger broer is eintlik 'n pyn op 'n sekere onnoembare plek. \u003cp\u003e\u003c\/p\u003eJaney worstel om haarself te vind en sy is sommer kwaad vir alles en almal. Gelukkig het sy 'n baie goeie vriendin in Lindie; predikantsdogter wat ook haar grense troef so ver as wat sy kan. \u003cp\u003e\u003c\/p\u003eMaggie is 'n vaste rots in die Roux-kinders se lewe en die mooie Monique bewys haarself as 'n warm omgee-mens. Daar is ook 'n tikkie misterie; die Roux's se bure wat jy nooit sien nie. 'n Uitdaging vir Janey wat met tipiese jeugdige waaghalsigheid laat besluit om ondersoek in te stel. Met onverwagse resultate. \u003cp\u003e\u003c\/p\u003eJaney word egter groot; sy ontdek dat die lewe haar eintlik niks skuld nie en tydens die proses ontmoet sy interessante mense; sy leer nuwe dinge en meer belangrik; sy vind haarself. \u003cp\u003e\u003c\/p\u003eFlenterkind het 'n goeie skeut humor in. Asook drama, verrassings, hartseer en gelukkige eindes. Leesstof vir jonk en oud.","brand":"Atlantic Books","offers":[{"title":"Paperback","offer_id":46340521394327,"sku":"9798364068286","price":986.0,"currency_code":"INR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0666\/3471\/1191\/files\/9798364068286.webp?v=1768686608","url":"https:\/\/atlanticbooks.com\/products\/flenterkind-9798364068286","provider":"Atlantic Books","version":"1.0","type":"link"}