Skip to content

Booksellers & Trade Customers: Sign up for online bulk buying at trade.atlanticbooks.com for wholesale discounts

Booksellers: Create Account on our B2B Portal for wholesale discounts

Die Verlosser

by Henning Janse Van Vuuren
Save 2% Save 2%
Current price ₹1,150.00
Original price ₹1,176.00
Original price ₹1,176.00
Original price ₹1,176.00
(-2%)
₹1,150.00
Current price ₹1,150.00

Imported Edition - Ships in 18-21 Days

Free Shipping in India on orders above Rs. 500

Request Bulk Quantity Quote
+91
Book cover type: Paperback
  • ISBN13: 9798232397685
  • Binding: Paperback
  • Subject: N/A
  • Publisher: Henning Janse Van Vuuren
  • Publisher Imprint: Henning Janse Van Vuuren
  • Publication Date:
  • Pages: 200
  • Original Price: USD 11.99
  • Language: Afrikaans
  • Edition: N/A
  • Item Weight: 236 grams
  • BISAC Subject(s): Psychological

Elke mens is soos 'n spie�l wat sy omgewing weerkaats, totdat dit breek ... �f vog, vrot en tyd die kaatsing weldra uitdoof. Hierdie opwindende verhaal, geskryf met 'n vonkel in die oog en soms 'n skeut hartseer, wentel om Hanru Treurnicht en Erika Engelhart, 'n skrywer en 'n filosofie-dosent, wat sin probeer maak van hulle bestaan in die asemrowende Laeveld.

Knap verweef in die intrige is besige bure, 'n troue op 'n eksklusiewe lodge, gevaarlike dierasies, Covid-19, pynappelbier & Ivermectin, UAP en 'n ouma wat genoeg van haar lewe in 'n tehuis vir bejaardes gehad het.

Emosies soos jaloesie, afguns en liefde figureer in hierdie drukkoker ― met die donker man in sy lang swart jas altyd geduldig in die skadu's ― gereed om 'n ieder en elk se paspoort na die finale bestemming te stempel. Komete is soos mense, hulle bly kom en gaan. Wat sal 'n mens hiervan maak?

Van Vuuren, Henning Janse: -

Geagte leser

Ek doen my bes om verhale te skryf wat vermaak, boei en hopelik ook stof tot nadenke bied.

Kruitvat was my debuutroman en as skrywer kon ek ryklik put uit my ervaring as offisier in die Suid-Afrikaanse Polisie, joernalis by Laevelder en as toegelate prokureur. (Sedertien het ek my ook as opvoeder bekwaam.) Kruitvat is propvol eg Suid-Afrikaanse aksie, een of twee etiese kwessies word geopper en 'n gesonde skoot romantiek is boonop bygevoeg. Lees Marius Visser se resensie in Rapport hier: http: //www.rapport.co.za/Boeke/Nuus/Sterk-kruit-vat-vlam-op-Kindle-20120823

Vir die jonger leser (of jonk van gees) bied ek TamatiestraaT. Hierdie avontuur saam met die onnutsige Lelanie Louw was 'n finalis in die Sanlam / Tafelberg Jeugromankompetisie gedurende 2009/2010. Desember (by die see ...), ook 'n jeugroman, sien einde 2016 die lig.

Jy kan Kruitvat, Friksie, Tamatiestraat of Desember (by die see ...) ook op jou Kindle vanaf Amazon aflaai.

Om meer van my doen en late uit te vind, besoek gerus my Facebook-blad: https: //www.facebook.com/HenningJvanVuuren

Vriendelike groete

Henning

Trusted for over 49 years

Family Owned Company

Secure Payment

All Major Credit Cards/Debit Cards/UPI & More Accepted

New & Authentic Products

India's Largest Distributor

Need Support?

Whatsapp Us